Gedagte vir die dag: Geestelike armoede

koring_somer_son_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

’n Mens leef nie net van brood nie. (Lukas 4:4)

Geldelike armoede is iets wat vermy behoort te word. Daar is egter ander vorme van armoede wat baie erger is.

Jy kan geestelik brandarm wees omdat jy geweier het om jouself onvoorwaardelik aan Christus oor te gee. Miskien het jou bevooroordeelde gesindheid jou beroof van die bevredigende lewe wat alleen deur Christus Jesus jou deel kan wees. Armoede van gees beroof jou van die begeerte om te strewe na jou Godgewilde doel.

Wees vasberade, deur die leiding van God jou Vader en die Heilige Gees, om ’n vol en ryk geestelike lewe te leef. Sit elke dag ’n paar minute opsy en laat hierdie tydjie van bepeinsing die balans in jou lewe herstel. Dit lei dan noodwendig tot ’n ryk en bevredigende geestelike lewe.

Vader, gee my ’n suiwer waardering vir dié dinge waarop dit wesenlik in die lewe aankom. Laat dit my rykdom wees, deur Jesus Christus en die Heilige Gees. Amen.

Bron: Mini-Oordenkings – Genade vir elke oomblik deur Solly Ozrovech
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Jacobus Steinmann ·

Die moorde op die Brakpan kinders.Ek wil graag weet hoe n mens druk op die polisie kan toepas sodat die saak kan op gelos kan word.Ek is die biologies oupa van die Sheree en Lee ann en die moord op hulle is besig om my op te eet ek het al 15 kg verloor .Die twee kinders is van ons vervreemd en van ons af weggehou deur Schwartz .Daar word net komentaar gelewer oor Sandra se familie en daar word niks oor die Steinmann familie want in die twee dogters se bloed was dàar ook Steinmann bloed

Strandloper ·

My hart gaan uit na jou. Soms het ons nie antwoorde nie. Al raad wat ek kan gee is om op Hom te vertrou. Hy is n reverdige God en reg sal geskiet. Berus in die weete hulle is nou by ons heemelse Vader.

Johan ·

Dankie Here dat U in ons lewens is. Dankie Here vir al U genade en seëninge. Amen!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.