Gedagte vir die dag: Punt tot punt

mense-op-strand-sonsondergang.jpg

Foto: Annelize Brits

’n Mens kan hoeveel planne maak, maar op die ou einde gebeur wat die Here besluit het (Spreuke 19:21)

Ons almal gaan ’n onbekende toekoms tegemoet. Nie een van ons kan verder as die volgende vyf minute sien nie, selfs nie eens verder as die volgende asemteug wat God aan ons skenk nie. Dit voel dalk selfs vir jou sinloos om ’n padkaart te hê – om planne te maak en ’n roete te kies – want daar is geen waarborge nie en God alleen weet waarheen ons werklik op pad is en hoeveel tyd daar vir ons oor is.

Kies vandag om God se opperheerskappy, voorsienigheid, liefde, wysheid en mag te aanvaar. Al die gewigtige lewensvrae het regtig antwoorde, en God ken al daardie antwoorde. Loof Hom omdat Hy wéét, al het jy geen benul wat môre vir jou sal bring nie. Sê vir die Here dankie dat Hy al die kolletjies verbind, die hele tyd. Geniet die waarheid dat waarheen jy ook al gaan, jy daarheen gestuur is. En wanneer jou reis stukkie vir stukkie – kol ná God-bestemde kol – aan jou geopenbaar word, sal jy nog meer van die geheimenis van sy ewigheid goedheid ontdek.

Here, sommige dae het ek regtig geen benul waarheen ek op pad is nie. Ek is so dankbaar dat U wel weet. Amen.

Bron: Reis lig deur die lewe deur Dalene Reyburn
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Johan ·

Dankie Here dat U in ons lewens is. Dankie vir al U genade en seëninge Here. Amen!

Leonórah ·

Dankie Heere vir al die seënninge in ons lewens, leer ons toch om dankbaar te wees vir alles uit U Vaderlike hand.

Maggie Pringle ·

Dankie Here vir U besluite en U genade. Leer on tog om te laat los en dit in U hande te los. Amen

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.