Kunsmatige intelligensie kan jou veilig hou

(Foto: Alpha Security & Alarms)

Dit is skokkend dat ons nou moet erken dat misdaad ʼn harde werklikheid in ons daaglikse bestaan ​​geword het.

Destyds was ʼn veiligheidswag met ʼn hond die enigste teenvoeter wat die veiligheidsbedryf aangewend het om misdaad te bekamp.

Piet Moolman het, in reaksie op gebruikers se behoefte, Alpha Security & Alarms in 1986 tot stand gebring. Sy visie was om ʼn omvattende sekuriteitspakket te bied in ʼn formaat wat, ten opsigte van sekuriteit en finansies, by die kliënt se behoeftes pas.

Moolman het, sedert die onderneming se ontstaan, altyd die aspek van kwaliteit, bo vinnige uitbreiding, beklemtoon.

In 1995 het dr. Steve Dalgety by die onderneming aangesluit en het in 1996 ʼn mede-aandeelhouer geword. Tans is Dalgety die verkoop- en bemarkingsdirekteur van die onderneming.

Deur die jare het Alpha Security & Alarms reeds verskeie hoogtepunte beleef. Dit is beslis ʼn prestasie om ʼn paar keer as finaliste vir die prestige toekenning, “Business of the Year Awards”, genomineer te word! Alpha Security & Alarms het reeds twee keer hierdie toekenning gewen.

Kunsmatige intelligensie is oorsig met toegevoegde waarde

(Foto: Alpha Security & Alarms)

Ons dink gewoonlik aan bewakingskameras as digitale “oë” wat na óns kyk of ná ons kyk – afhangende van jou siening. Maar in werklikheid is dit meer soos deurgate – slegs nuttig as iemand daardeur kyk.

Soms beteken dit dat ʼn mens na lewendige opnames kyk, wat gewoonlik uit verskeie videostrome bestaan. Die meeste bewakingskameras is egter passief. Hulle is daar as ʼn afskrikmiddel, of om bewyse te verskaf as daar iets verkeerd loop.

Maar dit is vinnig besig om te verander. Deur middel van kunsmatige intelligensie kan die kamera se digitale brein by hul “oë” pas wat hulle in staat stel om die lewendige video intyds te kan ontleed sonder dat menslike insette benodig word.

Alpha Security & Alarms bied die verskaffing en installering van gevorderde kunsmatige intelligensie aan – kamerastelsels wat ideaal is vir huise, ondernemings en woonkomplekse, skole en openbare plekke.

Kontak ons verkoopspan vandag nog en bestel vir jou een van die beste produkte tans op die mark, die DH-IPC-HFW3549T1-AS-PV 5MP aktiewe afskrikmiddel in volle kleur, vaste fokus Bullet WizSense–netwerkkamera.

Die DH-IPC-HFW3549T1-AS-PV gebruik ‘n onafhanklike AI-skyfie en ʼn diepgaande leeralgoritme om met ʼn hoë akkuraatheid wat op mense en voertuie kan fokus. Sodoende kan gebruikers vinnig reageer op gedefinieerde teikens en die getal vals alarms verminder. Só verbeter jy die doeltreffendheid en koste van die bestuur van jou kringtelevisiestelsel.

Kontakbesonderhede

Webwerf: www.alphasecurity.co.za
E-pos: [email protected]
WhatsApp: 082 903 6500
Tel.: 011 394 1880
Facebook: https://www.facebook.com/Alpha1986
LinkedIn: https://www.linkedin.com/company/66237488/
Instagram: https://www.instagram.com/alphasecurity1986/

  • Besoek ons uitstalling by Sakeliga KragDag 2022 van 11-13 Augustus by die Diamantvallei Landgoed, 20 km oos van Pretoria.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.