Pootjie beurtkrag jou? KragDag bied allerhande oplossings!

KragDag (Foto verskaf)

As jy oplossings soek vir voortdurende beurtkrag of as jy moeg is vir al die ander probleme in Suid-Afrika en self iets wil doen om jou hierteen bestand te maak, is ‘n besoek aan Sakeliga KragDag 2022 ‘n moet: teken solank 11 tot 13 Augustus in jou dagboek aan!

Hierdie ekspo, wat 20 km oos van Pretoria op Diamantvallei Landgoed plaasvind, is die grootste alternatiewe energie- en selfstandigheid-ekspo in die land met meer as 500 ondernemings wat vanjaar daaraan deelneem.

Die ekspo, wat die oppervlak van twaalf rugbyvelde beslaan, is in 2021 deur sowat 21 000 besoekers bygewoon en is ‘n platform vir inspirasie en inligting vir elke aspek van ‘n selfstandige leefstyl: van alternatiewe energie, voedselverbouing, veiligheid en nuwe tegnologie, tot opvoedkunde, entrepreneurskap en buitelewe! In die Raadsaal is ook verskeie aanbiedings oor aktuele- en selfstandigheidsoplossings.

Die ekspo se Landbou sub-ekspo, in samewerking met TLU, bied nie net iets vir opkomende en gevestigde boere in die graan-, vee- en gewasbedryf nie, maar ook vir die kleinskaal en agterplaasboer. Daar is ʼn propvol arena- en skouringprogram, waarvan een van die hoogtepunte Plaasmedia se jaarlikse Toyota Junior Afslaerskompetisie streeksuitdunne is.

KragDag (Foto verskaf)

Sakeliga KragDag is natuurlik nie net ʼn handelskou nie, maar ʼn heerlike gesinservaring met genoeg vermaak vir die kinders, ‘n Kou en Kunsmark, ʼn reuse-verskeidenheid kos en ʼn biertuin met verhoogoptredes. Om die meeste van die ekspo te maak, kom kamp sommer in die KragDag-kampterrein met jou eie woonwa/tent, of in ons ingerigte tente.

Indien ‘n ligte vliegtuig jou vervoermiddel is, kan jy op die Rhino Park-vliegveld land en die pendeldiens na die ekspo benut. Vir helikoptereienaars is daar ʼn landingstrook op die ekspo-perseel.
Koop vandag nog jou kaartjie aanlyn en kry 50%-afslag – dit gee jou toegang vir al drie ekspo-dae.

Besoek www.kragdag.co.za vir meer inligting.

Doen jou eie ding – dis ʼn leefstyl!

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.