ʼn 10-jarige skoolmeisie van Johannesburg is ernstig beseer nadat ʼn minibustaxi haar Dinsdagoggend raakgery het.
Santi Steinmann, ʼn woordvoerder van Netcare 911, sê die ongeluk het in Greenhillweg in Emmarentia plaasgevind.
“Die meisie het ernstige beserings opgedoen en het in die pad gelê toe paramedici op die toneel kom. Sy is op die toneel gestabiliseer en na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir mediese behandeling,” het sy gesê.
Die polisie ondersoek die oorsaak van die ongeluk.