3-jarige sterf in ongeluk

Foto: EWN

‘n 3-jarige kind het Saterdag in ‘n ongeluk in Kaapstad gesterf.

Die voorval het op die N2-snelweg naby Baden Powell-rylaan plaasgevind. Kenny Africa, hoof van die Wes-Kaapse verkeersdepartement, het gesê drie ander mense het geringe beserings in die ongeluk opgedoen, berig EWN. Die oorsaak van die ongeluk word steeds ondersoek. Africa het gesê ‘n gedeelte van die N2-snelweg is tydelik gesluit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.