65 ernstig beseer in KZN-busongeluk

Argieffoto

Argieffoto

Altesaam 65 mense is beseer toe ʼn bus Vrydagoggend naby Nongoma in KwaZulu-Natal op ʼn grondpad omgeslaan het.

“Daar was 65 mense in die bus en hulle het almal ernstige beserings opgedoen,” het Robert McKenzie, woordvoerder van die nooddienste in KwaZulu-Natal (EMS), gesê.

EMS het ses ambulanse, twee gevorderdelewensondersteuningsparamedici en ʼn pasiëntvervoerbus ontplooi om die beseerdes by te staan. Buiten EMS het personeellede van privaat ambulansmaatskappye ook reageer.

Die oorsaak van die ongeluk is nog nie duidelik nie.

“Paramedici het in die bloedige son gewerk om die 65 pasiënte te behandel en te stabiliseer voordat hulle na Benedictine-hospitaal geneem is vir verdere behandeling,” het McKenzie gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Jasper ·

@ GawieM. Mens kan maar net wonder, want as mens moet sê wat die waarheid is, is jy n rassis.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.