Cezanne Visser, bekend as “Advokaat Barbie”, was onsuksesvol met ‘n tweede poging om uit gevangenisstraf vrygelaat te word.
Die paroolraad het Vrydag ʼn aansoek van die hand gewys dat Visser se gevangenisstraf na korrektiewe toesig omgeskakel word, het die SABC Woensdag berig.
Visser dien tans ‘n sewe jaar-lange vonnis uit nadat sy jong meisies en vroue onsedelik aangerand het, kinderpornografie vervaardig en besit het, en ‘n kinderhuis bedrieg het. Visser het in Mei 2010 haar vonnis begin uitdien nadat die hoogste hof van appèl haar appèlaansoek afgekeur het.
Visser het ‘n hersieningsaansoek by die Pretoriase hooggeregshof ingedien nadat die paroolraad in Augustus bevind het sy is nie ‘n geskikte kandidaat om haar vonnis in korrektiewe toesighouding te verander nie. Regter Tati Makgoka het daarna dié besluit ter syde gestel.
Een kommentaar