Die afrigter wat Saterdag ʼn skeidsregter met die skouer bygedam het, het gesê hy is hartseer oor wat gebeur het.
Dit het Schalk Snyman, die eerstespanafrigter van Hoërskool Dr. E.G. Jansen, Dinsdag aan Beeld gesê. Snyman het Mlungiseleli Mdashe, ’n top-Saru-skeidsregter, ná ‘n skolewedstryd van agter met die skouer geloop en hom gevloek.
“Almal kan (op die video) sien wat gebeur het en die konteks maak nie ’n verskil nie, ’n oortreding bly ’n oortreding,” het Snyman aan Beeld gesê.
Volgens Jurie Coetzee, hoofbeampte van die Valke, en Leon de Beer, skoolhoof van E.G. Jansen, is Snyman Dinsdagmiddag ingevolge sy betrokkenheid by die Valke Cravenweek-skolespan, asook E.G. Jansen se skolespan voorlopig geskors hangende die uitslag van dié tugverhoor. Sy lot sal Woensdagaand by ’n Valke-tugverhoor bespreek word.
Mdashe het gesê hy oorweeg toenemend ’n “baie ernstige klag van aanranding, intimidasie en ondermyning van my gesag”. Of hy sal voortgaan met ’n siviele geding, sal glo afhang van wat op die tugverhoor besluit word. “Op die ou einde wil ek hê rugby moet wen. Ek hoop die regte besluit sal geneem word,” het hy gesê.
waar kom julle daaraan dat dit ‘n “TOP” skeidsregter is
André Watson het gesê hy is een van Saru se top-25 skeidsregters.