Die P750 XTOL- ligte passasiersvliegtuig het omstreeks 11:33 in die veld geland nadat dit enjinprobleme ondervind het. Die vliegtuig het van Lanseria-lughawe in Johannesburg na Port Alfred gevlieg. Die 8 passasiers en bemanningslede het geringe beserings opgedoen en is na ʼn hospitaal geneem vir ʼn roetine ondersoek waarna hulle ontslaan is. Die Burgerlugvaartowerheid (BLO) ondersoek die voorval om die presiese oorsaak van die ongeluk vas te stel.
Agt lig beseer in vliegongeluk
ondersteun maroela media só
Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.
Het jy gehoor?
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.