Lugballon val, negentien toeriste dood

‘n Lugballon vaar oor Luxor. Foto: Yahoo News

Minstens 19 toeriste is Dinsdag dood toe die ballon waarmee hulle oor Egipte se antieke stad, Luxor, gevaar het, aan die brand geslaan en in ‘n suikerrietplantasie neergestort het.

Die buitelanders is van Brittanje, Frankryk, China en Japan. Twee mense het die ongeluk oorleef, maar is met ernstige beserings in die hospitaal opgeneem.

Die Los Angeles Times berig dat lugballonvaarte onder toeriste in Egipte gewild is. By Luxor het dit voorheen reeds ernstige ongelukke opgelewer. In 2009 is 16 toeriste beseer toe die ballon teen ‘n selfoontoring gebots het, en die jaar tevore is sewe toeriste in ‘n soortgelyke ongeluk beseer.

Egipte se toerismebedryf trek nog sedert die opstand teen pres. Hosni Mubarack twee jaar gelede steeds noustrop.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.