‘n 65-jarige vrou is in haar huis in Parkview in Johannesburg vermoor nadat sy inbrekers in haar huis betrap het.
EWN berig dat die vrou Vrydag onverwags by haar huis gekom het toe sy die verdagtes betrap het. Sy is verwurg voor die rowers gevlug het. “Ons ondersoek ʼn saak van moord en gewapende roof. Die verdagtes het met juweliersware gevlug en ons het ʼn grootskaalse soektog na die verdagtes van stapel gestuur,” sê ʼn polisiewoordvoerder Lungelo Dlamini.
Lees meer hier.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
2 Kommentare
Het die vrou ‘n identiteit, ‘n naam, ‘n geskiedenis? Naamlose ‘mense’ sonder name word moeiteloos vermoor in Suid Afrika en die nuusmedia kan nie eers die moeite doen om vas te stel wat haar agtergrond was nie.