Bekende fotograaf sterf

Een van Alfred Kumalo se foto’s.

Alfred Kumalo, die persfotograaf, is Sondagaand in die ouderdom van 82 aan nierversaking in ʼn Johannesburgse hospitaal dood.

Kumalo is in Alexandra gebore en het ʼn bekende fotograaf geword toe hy vir Drum-tydskrif begin werk het.

“Kumalo se foto’s het bygedra tot die einde van Apartheid,” het Jackson Mthembu, ʼn ANC woordvoerder, gesê. “Sy foto’s het as bewyse aan die internasionale gemeenskappe gedien oor die brutaliteit van Apartheid. Dit het bygedra tot die internasionale druk teen die Apartheid-regime.”

Kumalo het berig oor verskeie historiese gebeurtenisse soos onder andere die 1976-studenteopstand, die 1980’s noodtoestand, die ontbanning van die bevrydingsbewegings en die inhuldiging van Suid-Afrika se eerste demokratiese regering.

Alfred Kumalo. Foto: Stephen Frank

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.