Die hooggeregshof het ‘n dringende interdik toegestaan dat bloed van ‘n man, wat in ‘n ongeluk gesterf het, getrek mag word om later in ‘n vaderskapstryd gebruik te word.
Die bloed van die man, wat in Odendaalsrus gebly het, sal gehou word indien dit later benodig word om te bewys dat hy die pa van ‘n eenjarige is, het Beeld Saterdag berig. Hy word Maandag veras ná die motorongeluk Donderdag. Sy verloofde, die kind se ma, het versoek dat ‘n dokter die bloedmonster kan neem. Sy het in ‘n verklaring gesê sover sy weet het die man nie ‘n testament gehad nie. Die dogtertjie kan van sy boedel erf en die DNA-monster kan dalk benodig word om te bewys dat hy die pa was.
-SAPA
MMM DI GIRL SE KOP IS REG OP HAAR LYF.