ʼn Verwarmer, matras en die plafon van die teater is in die brand beskadig, sê Simon Zwane, woordvoerder van die Gautengse departement van gesondheid.
Volgens Zwane is ʼn aanvanklike skadeberekening reeds gedoen. Verdere ondersoek sal ingestel word om die presiese oorsaak van die brand te bepaal en ʼn herhaling van die voorval te voorkom.
Geskeduleerde operasies vir Maandag is gekanselleer en noodprosedures sal in ʼn ander teater uitgevoer word.
“Pasiënte kan gerus wees dat dienslewering nie geraak sal word deur die voorval nie,” het hy gesê.