‘n Video van die voorval volg onderaan die berig. ʼn Oefenlopie in North Bend, Washington in Amerika, het erg skeefgeloop toe brandbestryders per ongeluk vliegtuigbrandstof in plaas van water gebruik het om ʼn brand te blus.
ʼn Video van die voorval is onlangs deur KING5 vrygestel. Brandbestryders poog om die nagemaakte brandende vliegtuig op ʼn aanloopbaan te blus wanneer die brand, in plaas van om te krimp, ontplof.
Volgens UPI glo ondersoekbeamptes dat ʼn olie-waterskeidingspyp foutief was en toe die brandbestryders se water besmet het. ʼn Waterskeidingspyp word gebruik om water van brandstof te skei wat die brandweer die geleentheid bied om water, wat vir opleiding gebruik word, te herwin.
Slegs twee brandbestryders het geringe brandwonde opgedoen.
Oeps!
Ek sou selfs sê: eish!
North Bend is in Oregon Amerika??
Dagsê Eleen,
Daar is definitief ‘n North Bend in Oregon ook, maar hierdie betrokke North Bend is ‘n stad in King county in Washington, Amerika.
Beste groete
Suné