Chanelle Henning-moord: ‘Ek sien haar gesig voor my en kan nie slaap’

Die vermoorde Chanelle Henning en haar seuntjie Benjamin. Foto: Facebook

Gerhardus du Plessis, ʼn voormalige polisieman en die erkende moordenaar van Chanelle Henning, het in ʼn eksklusiewe onderhoud met die Rekord gesê haar moord spook by hom.

“Ek sien heeltyd haar gesig voor my en ek kan nie in die aand slaap nie, het Du Plessis glo gesê. Du Plessis en Willem Pieterse, wat glo die bestuurder was van die motorfiets wat in die moord gebruik is, het vanuit die Garsfontein-polisiekantoor se selle aan die koerant vertel wat hulle glo tot die moord gedryf het. “Ek wou haar nie doodmaak nie maar ek is gedreig en gedwing om ʼn besluit te neem tussen die mense wat ek liefhet of iemand wat ek nie geken het nie,” het Du Plessis glo gesê. Du Plessis sê hy is twee weke voor die moord genader om dit te doen. Hy en Pieterse het glo twee mans by ʼn pizza-winkel in Esselen straat in Sunnyside ontmoet. Die mans het glo aan hulle gesê om die moord te laat lyk soos ʼn huisroof en dat hulle moet seker maak dat Henning se 5-jarige seun Benjamin dit aanskou. Du Plessis en Pieterse wou egter glo die Sondag voor die moord kop uit trek maar het glo voortgegaan daarmee nadat hulle dreigemente ontvang het en dwelms gebruik het. Du Plessis het aan Rekord gesê dat hy weet wie die sogenaamde meesterbrein agter die moord is sowel as die motief. Hy wou dit egter nie bekendmaak nie uit vrees vir sy lewe.

Lees die volledige artikel op Rekord se Facebook-blad.

Vir ‘n tydlyn van die gebeure rondom Chanelle Henning se moord klik hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.