Clive Derby Lewis, wat lewenslank tronkstraf uitdien vir moord op die SAKP sekretaris Chris Hani, het die Volksraad Verskiesing Kommissie (VVK) se benoeming om die organisasie te verteenwoordig van die hand gewys.
Volgens Derby-Lewis se regsverteenwoordiger, Marius Coertze, is hy moeg vir al die baklei. Coertze sê Derby-Lewis stel slegs daarin belang om vryheid en vrede op sy ouderdom te kry en om die luukse van aftrede en rus te geniet. Coertze sê Derby-Lewis sal ook nie verder aan enige politieke aktiwiteite deelneem nie as gevolg van sy ouderdom en gesondheid. Die 75-jarige Derby-Lewis is vroeër deur die VVK genomineer. ʼn Volksraad, bestaande uit sewe lede, sal op 23 en 24 September verkies word. Die voorsitter van die VVK, Paul Kruger, het verlede maand gesê die organisasie is nie regse ekstremiste groep nie maar ʼn groep wat deur taal en kultuur gebind word en streef na vryheid en onafhanklikheid op alle gebiede. Die VVK sê hy is in die lewe geroep om ʼn boere Afrikaner volksraad te verkies wat daarop gemik is om selfbeskikking vir afrikaners in ʼn volkstaat te kry
Daar blyk ‘n paar foute in die beriggewing te wees.
Ek glo nie hulle is ‘n versoeningskomissie nie.
Ek glo ook nie hulle streef na afhanklikheid nie.
Indien die foute met opset gemaak is, waardeer ek die sin vir humor…
Haai Ebert
Dankie vir die terugvoer. Dit was egter per ongeluk en is reggestel.