Cosatu sal vandag op verskeie Gautengse hoofweë teen die omstrede e-tolstelsel betoog.
Die hooggeregshof in Johannesburg het Donderdag ʼn dringende interdik aan Cosatu toegestaan om voort te gaan met die betoging nadat die Ekurhuleni-metropolisie die versoek vroeër geweier het. Cosatu moes verlede Vrydag ʼn soortgelyke betoging kanselleer nadat hulle nie toestemming daarvoor kon kry nie. Vandag se betoging sal na verwagting om 7:30 begin wanneer betogers by Mbhoro-kerk langs die Huntersfield-stadion in Masakhanestraat bymekaar sal kom. Verkeer op die Heidelberg-pad, die N3, N12, R24 en R21 sal na verwagting geraak word.