Drie Jamaikane klop 20 sekondes in een wedloop

Foto: AFP

Drie Jamaikane het in een wedloop tydens dié eilandstaat se Olimpiese proewe die 20 sekondes in die 200 meter getroef.

Ook in dié wedloop, soos in die 100 meter, het die wêreldrekordhouer die onderspit teen Yohan Blake gebyt.Blake het die 200 meter in 19,80 sekondes afgeblits, en Bolt met een honderdste van ‘n sekonde getroef. Warren Weir het die derde plek in die Olimpiese 200 meterspan ingepalm en die wedloop in 19,99 sekondes voltooi, en in die proses verrassend met Nickel Ashmeade afgereken wat op die 100 meter uitgesit het om op die 200 meter te fokus. Bolt se wêreldrekord staan op 19,19 sekondes.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.