Drie mans is Donderdag tot lewenslange tronkstraf gevonnis vir die moord op die druiwerboer van Stellenbosch, Alberto Costa (46).
Mfundiso Yese, Simamkele Mralaza en Cedrick Vusumzi is verlede week in die Wes-Kaapse hooggeregshof skuldig bevind aan die moord op Costa. Costa is verlede jaar tydens ʼn rooftog op 18 November op sy plaas, Cloetesdal, doodgeskiet.
Regter Andre le Grange het in sy uitspraak gesê die beskuldigdes neem nie verantwoording vir hul dade nie en toon ook geen berou oor die voorval nie.