Drie lewenslange vonnisse vir dansafrigter

‘n Dansafrigter van Kaapstad is Woensdag drie lewenslange vonnisse opgelê nadat hy sewe meisies verkrag het.

Lawrence Gagu (49) van Khayelitsha het Woensdag in die Wes-Kaapse hooggeregshof verskyn. Sy jongste slagoffer was sewe jaar oud, berig EWN. Gagu het die meisies glo na sy huis toe gelok na afloop van die klasse. Regter Nonkosi Saba het die dansafrigter as ‘n “gevaar vir die samelewing” beskryf wat dit “verdien om vir lank toegesluit te wees”.

Saba het gesê die man het op die meisies se omstandighede geteer, aangesien talle van sy slagoffers weeskinders was. “Dit is my plig om Gagu ‘n straf te gee wat by sy misdade pas,” het sy gesê. Sy naam sal nou ook in die nasionale register van seksoortreders aangeteken word. Die misdrywe het tussen 2009 en 2010 plaasgevind.

Gagu het sy gesig die heeltyd bedek gehou terwyl vonnis uitgespreek is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.