Drie sterf na taxi glo vir hond uitswaai

Drie mense is dood en vyf beseer na ʼn minibustaxi Saterdag in Mandeni naby Richardsbaai in KwaZulu-Natal omgeslaan het.

Santi Steinmann, woordvoerder van Netcare911, sê die bestuurder het glo beheer verloor oor die taxi nadat hy vir ʼn hond uitgeswaai het waarna die taxi omgeslaan het. Drie mense is op die toneel dood verklaar. Steinmann sê drie mense is kritiek beseer terwyl twee mense ernstig beseer is. Die beseerdes is op die toneel behandel voor hulle na nabygeleë hospitale geneem is vir verdere behandeling. Die presiese oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.