Driejarige kry breinchirurgie na hy van bakkie val

Reiner le Roux. Foto: Facebook

Reiner le Roux (3) het Donderdagaand breinchirurgie ondergaan nadat hy vroeër die week in Mosambiek van sy pa se bakkie geval en op sy kop beland het.

Beeld berig dat Reiner se brein teen gisteraand so geswel was dat hulle twee “venstertjies” in sy skedel moes sny om die drukking te verlig. Reiner het Maandagmiddag van sy pa, Jaco, se bakkie geval. Jaco en sy vrou, Inge, doen sendingwerk in Inhambane in Mosambiek. Die gesin se twee ander seuns, Ernan (9) en Lander (7), het saam agter op die bakkie gesit. Die bak het tralies reg rondom. Reiner het op sy kop geval en was bewusteloos. Jaco en Inge het met hul seuntjie na die hospitaal in Inhambane gejaag. Die hospitaal kon egter nie die nodige sorg aan Reiner verskaf nie en die Le Rouxs het hom in hul motor gelaai en na Maputo gery waar paramedici van ER24 met ʼn vliegtuig op hulle gewag het. Reiner se hart het gaan staan kort nadat hulle in Maputo aangekom het maar paramedici kon daarin slaag om dit weer aan die gang te kry. Reiner is na die Garden City-hospitaal in Johannesburg geneem waar dokters hom in ʼn koma geplaas het en gisteraand besluit het om te opereer.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.