Foto’s: Vistreiler strand in Clifton, Kaapstad

Foto: Travel Junkie | South Africa op Facebook

ʼn 50-meter lange vistreiler het op Eerste Strand in Clifton gestrand, het die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI)Saterdag gesê.

“Al 28 bemanningslede en ʼn hond aan boord is veilig, maar die situasie kan verander sodra die gety inkom,” het Craig Lambinon, woordvoerder gesê. Die Japanse treiler was sowat 20 meter van die kuslyn voor dit gestrand het.

Die Associated Press het intussen berig dat 19 bemanningslede reeds van die treiler verwyder is. Die hond, kaptein en nodige bemanning is steeds aan boord.

Reddingspanne poog steeds om die treiler met bote van die sandbank af en terug in die see te kry.

Lambinon doen ʼn beroep op die publiek om nie die gebied te besoek nie, aangesien die reddingspoging voortduur en hulle so veel as moontlik spasie benodig.

Meeste van die foto’s is deur die NSRI op Facebook gelaai
[nggallery id = 39]

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.