Geen R2-biljoen vliegtuig vir Zuma

Nosiviwe Mapisa-Nqakula, minister van verdediging en militêre veterane, het Vrydag aangekondig dat die aankoop van ʼn R2 miljard presidensiële vliegtuig gekanselleer is.

Mapisa-Nqakula het die media tydens ʼn perskonferensie in Pretoria toegespreek.

Dit volg ná Sam Makhudu Gulube, die sekretaris van verdediging, in Amerika was om die aankoop van ‘n Boeing 777-200 LR-straler vir president Jacob Zuma te finaliseer. Lindiwe Sisulu, voormalige minister van verdediging, het vroeër die week in ʼn verklaring gesê sy gaan nie verantwoording vir dié aankoop aanvaar nie en dat sy aangeraai het dat die vliegtuig nie gekoop word nie.

Mapisa-Nqakula het gesê sy het reeds met Boeing vergader en ingelig dat die aankoop kanselleer is. Sy het ook gesê die voorstel om die vliegtuig te koop, het op 15 Junie verval en dat die deposito van sowat R80 miljoen terugbetaal sal word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.