Argeoloë in Japan het ‘n aantal goedbewaarde bruin ryskorrels gevind wat tussen 2 400 en 2 600 jaar oud is.
Die ryskorrels is in ʼn antieke rysland gevind, en het vermoedelik so goed bewaar gebly nadat dit in waterige toestande deur modder bedek is en nie aan lug blootgestel is nie. Die vermoede is dat die ryskorrels, omdat hulle so goed bewaar is, heelwat lig sal kan werp op die soort rys wat in die Yayoi-preiode verbou is. DNS-toetse sal daarop gedoen word. Die korrels is sowat vier millimeter lank.
Dié rys is egter sommer baie jonk in vergelyking met gars en ‘n uitgestorwe koringsoort wat by Çatalhöyük in Turkye gevind is. Poolse argeoloë het op die houers afgekom toe hulle ‘n klein vertrek ondergronds ontdek het. Dit is na raming 8 200 jaar gelede in die vertrek geberg. Die graan is in ‘n perfekte bewaarde toestand. Die gebou waarin dit gevind het, is in ‘n stadium aan die brand gesteek.
Meer besonderhede kan hier en hier gelees word.
Hoe weet hulle hoe oud dit is? Net nuuskierig. Wil graag weet.