
Robin Carlisle
Die departement van vervoer in die Wes-Kaap het gesê sy Veilig tuis-veldtog het noodlottige ongelukke oor die afgelope drie en ‘n half jaar met bykans 30% laat afneem, berig EWN. Gereeld padblokkades is maar van die tegnieke wat deur die owerhede aangewend word. Meer as 1 700 mense het in 2008 op dié provinsie se paaie gesterf. In 2011 het dié syfer na net meer as 1 300 gedaal. Robin Carlisle, LUR vir vervoer in die Wes-Kaap, het gesê die getalle is ‘n bewys dat hul harde werk nou vrugte afwerp. “Ten minste 1 067 mense leef as gevolg van dié veldtog,” het hy gesê. Carlisle het bygevoeg dat die Veilig tuis-veldtog nou op openbare vervoer gaan fokus. “Ons het reeds sowat 12 000 langafstand taxi’s oor die afgelope 6 – 8 maande afgetrek. Oor die afgelope 6 maande het niemand wat van openbare vervoer gebruik maak, gesterf nie,” het hy bygevoeg.