Die Stormers-span het bevestig dat hul Springbok-vleuel, Bryan Habana, by die Franse klub Toulon, teen die einde van die Super 15 sal aansluit.
“Habana, ‘n 2007 Wêreldbekerwenner en Suid-Afrika se rekordhouer van toetsdrieë, het ‘n voorlopige kontrak om na Toulon te verhuis, onderteken,” berig TimesLive. Die Stormers het Vrydag gesê Habana sal na die suide van Frankryk verhuis vir ‘n driejaar-kontrak en betyds wees vir die 2013/14 Top 14.
“Ek sien uit om op ‘n hoë noot af te sluit voordat ek ‘n nuwe uitdaging oorsee aanpak,” het Habana aan TimesLive gesê. Volgens Habana sal dié skuif nie sy internasionale loopbaan beïnvloed nie.