Jong vrou se liggaam in veld opgespoor

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Vrou is doodgeskiet en haar liggaam in ʼn kombers en stuk plastiek toegedraai en in ʼn veld naby die Nancifield-nywerheidsgebied in Eldoradopark, Gauteng, gelaat.

“Die vrou het kneusplekke aan haar nek gehad en vermoedelik ʼn skietwond onder haar neus,” het ao Kay Makhubela, woordvoerder van die polisie in Gauteng, gesê. “ʼn Verbyganger het Vrydag op haar liggaam afgekom.”

Volgens Makhubela sal ʼn nadoodse ondersoek bepaal hoe die vrou, wat tussen 20 en 30 jaar oud is, dood is. Sy is nog nie uitgeken nie.

Die polisie ondersoek ʼn saak van moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

bets ·

Ai wat gaan aan, is dit die jaar van moord, of het ons dit net nie geweet nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.