Die Kanadese kortverhaalskryfster, die 82-jarige Alice Munro, het die Nobel-literatuurprys ontvang.
Munro, wat ‘n jaar gelede aangedui het dat sy gaan ophou skryf omdat die eensaamheid van ‘n skrywersbestaan haar vang, se uitgewer het bevestig dat hy die afgelope jaar geen nuwe werk van haar ontvang het nie, maar van haar bestaande werk word steeds gepubliseer – ook as vertaalde werke.
Munro, wat as jong meisie op die platteland grootgeword het, het, nadat sy uit die huis is, na die stad gevlug, en haar skryfwerk word veral gekenmerk deur op die ineengekeerdheid en ambisieloosheid van sommige landelike vroue te wys – ‘n klaarblyklike verwysing van haar eie ma met wie sy nie kon stryk nie.