“Die voorval het in Emdeni plaasgevind. Die seun was ongelukkig reeds dood toe paramedici by die toneel opgedaag het,” het Santi Steinmann, ʼn woordvoerder van Netcare 911, gesê.
Die oorsaak van die brand is nog nie in die stadium bekend nie. Owerhede ondersoek die voorval.