Koerantverkope daal

koerantNaweekkoerantverkope het gemiddeld die afgelope jaar met 7.5% gedaal.

Die totale sirkulasie het van 2 338 836 kopieë verlede jaar, tot 2 163 784 kopieë vanjaar gedaal. Dit is ʼn daling van 175 052 kopieë, aldus die Audit Bureau of Circulations (ABS) se derde kwartaalverslag.

Rapport het die grooste afname in sirkulasie getoon met ʼn totaal van 16.9%.

Die land se naweekkoerant wat die beste verkoop word, The Sunday Times, se sirkulasie het met 7% afgeneem.

City Press se sirkulasie het met 10.4% gedaal en die Saterdag Beeld met 13.6%.

Sirkulasie van dagblaaie het ook ʼn algemene afname van 5.8% getoon.

Lees die volledige verslag hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

AmY ·

Lyk my daar is heelwat mense wat wel Naspers boikot, want sover en weet, is internet koerante ook gestop, tensy jy betaal.???

Trippie ·

Dagsê Amy – jy slaan die spyker op die kop. Tydskrifte en koerante wat op winkelrakke agterweë bly getuig daarvan.

Trippie ·

HEIL DIE LESER

Waarom word hierdie repliek soos deur my gelewer, gemodereer. Niks daarin vervat druis in teen enige van die reëls volgens u kommentaarbeleid.

U terugvoer sal waardeer word.

Jou kommentaar word gemodereer.

Dagsê Amy – jy slaan die spyker op die kop. Tydskrifte en koerante wat op winkelrakke agterweë bly getuig daarvan.

Verander jou opmerking

Phillip ·

Dagsê Trippie, jammer vir die ongerief, ek sal met ons IT-mense gesels en hoor hoekom dit gebeur. Groete – Phillip Bruwer (Joernalis)

Trippie ·

Goeie more Phillip – baie dankie vir die spoedige, vriendelike terugvoer – word hoog op prys gestel.

Groete, Trippie

Shane ·

Hello Trippie. Skimp jy vir ‘n ‘n job by hierdie koerant die joernalis like jou. Jy kry verniet vakansie in die Kaap ook. Leen my jou naam he he he.

Koos ·

Die koerante moet maar weet dat dit nie sal help om lakeie vir die ANC te wees nie; daar is ‘n groot groep mense wat moeg is vir die liberale napraat deur koerante van mense wat duidelik nie ‘n idee het hoe om ‘n land te regeer nie!

AmY ·

Hi daar Trippie. Jip, die koerante en tydskrifte wat agterbly op die rakke is die stille getuienis van Naspers wat besig is om te ondergaan.

Koos, ek stem ook saam jou..

Phillip, dit gebeur soms met my ook. Dat my kommeantaar gemodereer word.

leon ·

Lol glad nie, maar hy het arme Trippie ook gister aangevat. Sy kommentaar is beledigend om die minste daarvan te se.

John Brandow ·

Die rede is voor die handliggend: Tegnologie en internet het argaise kommunikasie metodes begin inhaal en glo ek die afname het niks met inhoud, boikotte en dies meer te doen nie. Ek lees alles aanlyn wat ek daar verniet kan kry en glo my – alles belangrik is aanlyn gratis beskikbaar !

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.