Kraaie gaan gaap

Die sentrale gedeelte van die Vrystaat asook die Noord-Kaap staar volgens die Noorweegse weerdiens tot die einde van die maand baie warm en droë weer in die gesig. In Upington gaan die temperatuur na verwagting tot 40 grade haal.

In ander dele van die sentrale binneland is daar oor die volgende paar dae hier en daar ‘n paar ligte buie lafenis op pad, maar dit sal slegs plek-plek meer as ‘n millimeter neerslag per dag beteken. Die grootste deel van die binneland gaan tot die einde van die maand warms en droë weer beleef.

Temperature van diep in die dertigs word vir plekke soos Pretoria, Johannesburg, Rustenburg, Brits en ander dele van die binneland voorspel.

Baie boere maak weens die akkuraatheid aan die Noorweegse weerdiens daarvan gebruik. Besoek hulle hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.