Kurt Darren se skoonma aangeval

Kurt Darren

Die Afrikaanse sanger Kurt Darren se skoonma en nog ʼn familielid is Donderdag in Gauteng deur twee gewapende mans aangeval.

Volgens Kurt se vrou, Dunay Nortjé, is haar ma en tannie in haar ma, Marinda, se huis oorval. Nortjé het op Twitter geskryf die mans het hulle as munisipale werkers van waterwese voorgedoen om toegang tot die huis te bekom. “My ma en tannie is vasgebind terwyl hulle die huis geplunder het,” het Nortjé gesê.

Die verdagtes het in ‘n wit bakkie met die registrasienommer, MTN148GP, gevlug.

Sy sê haar ma en tannie het groot geskrik en is getraumatiseerd.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.