Laerskoolhoof vir moord gevonnis

tuinDie hoof van ‘n laerskool in Mpumalanga is Maandag tot 12 jaar tronkstraf gevonnis nadat sy haar voormalige tuinier vermoor het omdat sy hom van diefstal verdink het.

Pinky Magalefa (56) is in die Mmabatho-hooggeregshofsitting in die Temba-landdroshof in Hammanskraal skuldig bevind aan ontvoering en die moord op Johannes Moseta in 2010. Moseta was glo ook haar buurman.

Magalefa was die hoof by Laerskool Nkotolane naby KwaMhlanga. “Nadat sy van die skool af by die huis aangekom het, het Magalefa ontdek daar is by haar huis ingebreek en dat juwele en R800 kontant gesteel is,” het sers. Hastings Chaane, woordvoerder van die polisie in Mmametlhake, Maandag aan African Eye News Service gesê. “Sy het daarop aangedring dat Moseta deel was van die diefstal en het drie jong mans gehuur om hom te soek.” Volgens Chaane het die drie mans Moseta sowat 80km van die dorpie in Pretoria opgespoor.

“Hulle het sy hande en voete met ‘n tou vasgebind en met hom teruggery Mmametlhake toe. Onder Magalefa se opdrag het hulle hom na ‘n bos geneem en hom aangerand. Die polisie het Moseta se roerlose liggaam in ‘n plas bloed aangetref. “Ons het met hom na ‘n plaaslike hospitaal gejaag, maar hy is met aankoms by die hospitaal dood verklaar.”

Regter Festus Gura sê dit is duidelik dat Magalefa van plan was om Moseta te vermoor. Hy het die drie mans, wat gehuur is om Moseta op te spoor, onskuldig bevind en gesê daar is geen bewys dat hulle in die moord betrokke was nie.

Die regter het Magalefa tot 12 jaar tronkstraf gevonnis vir die moord en drie jaar vir die ontvoering. Die vonnisse sal gelyklopend uitgedien word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Trippie ·

Goeiste, 12 jaar vir moord !

Jungle justice … hierdie volk hou nooit op om my te verbaas nie. So ook die regstelsel.

Maggie ·

Jungle justice inderdaad Trippie, ons land is in sy mhur met so ‘n regstelsel. Ek is dood bekommerd. Dit is net so tragies van polisie wat blanke vrou dood geskiet en basies los is, die flouste verweer wat ek nog ooit gehoor het, maar nou ja hy is swart, wat se dit. Ons blankes het geen verweer meer nie.

Justi ·

Sjoe en die vrou is n skoolhoof? Seker maar besef dat daar niks aan die diefstal gedoen gaan word nie en toe maar self gedoen wat sy dink die beste is. Jinne maar die mense kan wragties wreed wees.

Trudie ·

Kry 12 jaar vir n moord en raai wie betaal vir 12 jaar vir die verblyf!!

Seg Net ·

Trudie net ‘n vraag. Moes hulle en ander misdadigers maar vry gespreek word? Ons betaal juis vir sulke dinge belasting en nie om gesteel te word nie.

JAVR ·

Hoekom is dit nie opgeskort soos die swart polisieman in Kempton nie? Dan kan sy nog die kinders leer hoe dit gedoen moet word. “Leer uit my foute?”

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.