ʼn 40-jarige man het homself Vrydag voor ʼn bekende restaurant in Lichtenburg doodgeskiet nadat hy sy vrou geskiet het.
“Die egpaar het glo gestry toe die man ʼn vuurwapen te voorskyn gebring en sy vrou in die maag geskiet het,” het sers. Kealeboga Molale, woordvoerder van die polisie in Noordwes, gesê. “Hy het homself daarna doodgeskiet.”
Die man is op die toneel dood verklaar en die vrou is na ʼn hospitaal geneem. Die polisie sal ʼn geregtelike doodsondersoek doen.
En groot was sy verbasing toe hy by die poorte moes agterkom hy’t alleen arriveer.