‘n 37-jarige vrou en haar vyfjarige seuntjie is Woensdag in Oesterbaai verkool.
“Die ma en kind was alleen in hul plakkershuis toe die brand uitgebreek het,” het ao Marianette Olivier, woordvoerder van die polisie in die Oos-Kaap, gesê. “Hul name kan nie bekendgemaak word voordat hul naasbestaandes in kennis gestel is nie.”