‘n 27-jarige vrou is in hegtenis geneem nadat sy glo haar 3-jarige seuntjie doodgeslaan het.
“Na bewering het die seuntjie Saterdagaand saam met sy ma op die bed in hul huis in Ntshatshongo naby Willowvale geslaap,” het kapt. Jackson Manatha, woordvoerder van die polisie in die Oos-Kaap, gesê. Volgens Manatha het gesinslede Sondagoggend op die oorlede seuntjie afgekom. Die polisie vermoed die ma het hom doodgeslaan. “Die ma is in hegtenis geneem en van moord aangekla.”