Die openbare uitsaaier berig Malema het deur ʼn ingang, wat nog nie vir die publiek oop is nie, uitgeglip. ʼn Woordvoerder van die Limpopo Medikliniek, Istha McMillan, het bevestig dat Malema ontslaan is. Malema is Woensdag in die hospitaal opgeneem vir erge griepsimptome. Die jeugliga het vroeër die week geweier om enige besonderhede bekend te maak rakende Malema se gesondheid. Malema se dissiplinêre verhoor is Donderdag uitgestel en sal op 15 Oktober voortgaan. Hy en vyf van sy kollegas word daarvan aangekla dat hulle die ANC in oneer gebring het en verdeeldheid in die party saai.
Malema uit hospitaal ontslaan
Die ANC jeugligaleier, Julius Malema, is uit die hospitaal ontslaan, berig die SABC.
ondersteun maroela media só
Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.
Het jy gehoor?
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.