“Die man se liggaam is Saterdag opgespoor. Hy het homself met ‘n tou opgehang,” het kapt. Amanda Funani, woordvoerder van die polisie in Noordwes, gesê. “Na bewering het die oorledene sy meisie tydens ‘n argument met ‘n skêr gesteek voordat hy gevlug het.”
Funani sê die man het gedink die vrou is dood en hy is daar weg met die plan om selfmoord te pleeg. Sy het egter net geringe beserings opgedoen.