Man met kookwater gebrand tydens roof

Inbrekers het ‘n 35-jarige man met kookwater gebrand nadat hulle by sy huis in Witbank, Mpumalanga ingebreek het.

Kol. Leonard Hlathi, woordvoerder van die polisie, sê drie mans het omstreeks 4:00 gisteroggend by die huis wat die man met sy ouers deel ingebreek. Die 35-jarige man is met ʼn vuurwapen aangehou, vasgemaak en na sy ouers se kamer gedwing waar hulle ook met kabelbinders vasgebind is. Die mans het geld geëis en die seun en sy ouers gedwing om die kluis oop te sluit waarna hulle ʼn 9mm-pistool gesteel het. Die seun is gedurende die rooftog met kookwater op sy hande en rug gebrand en het die verdagtes meer geld geëis. Die verdagtes het die huis geplunder en televisies, skootrekenaars, juwele, selfone en ander items ter waarde van R50 000 gebuit. Die verdagtes het die goedere in die slagoffers se Toyota Fortuner gelaai. Die Fortuner is later verlate in Vosman gevind. Die polisie kon ook daarin slaag om van die gesteelde goedere in ʼn plakkershut in Coronation buite Witbank te kry. Niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die voorval nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Willy ·

Ek hoop daardie drie lafaards wat daardie tyd mense martel en beroof word gou gevang dat alle hel vir hulle spoedig kan begin. Sterkte aan die man en sy ouers vir ‘n spoedige herstel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.