Die verdwyning van die 29-jarige Gerrie van Rensburg die afgelope week was weens dwelmmisbruik en nie ‘n motorkaping nie.
Beeld berig Jansen van Rensburg se pa, ds Jacie van Rensburg, sê sy seun het die laaste paar jaar baie trauma deurgemaak en dat hy aan ernstige post-traumatiese stres gelei het as gevolg hiervan waarna hy begin dwelms gebruik het. Hy het die afgelope jaar by sy ouers op Potchefstroom gebly in ‘n poging om sy lewe reg te ruk. Van Rensburg jr is vroeër die week as vermis aangemeld nadat hy sy pa vir ‘n vergadering in Hatfield afgelaai het en hom nie weer opgelaai het nie. Toe hy teruggevind is het hy aanvanklik gesê hy was gekaap. Jansen van Rensburg jr was ook oppad na ‘n vergadering na hy sy pa afgelaai het maar dit is gekanselleer en dit was vir hom ‘n groot teleurstelling. Hy het toe onderweg om sy pa op te laai by ‘n dwelmverskaffer gestop en vir die volgende twee dae dit gebruik. Hy het in die aande by vulstasies in sy motor geslaap. Toe sy geld op was het hy twee dae later erg getraumatiseerd by ‘n niggie van hom opgedaag waarna die polisie in kennis gestel is. Jansen van Rensburg sr het om verskoning gevra dat die verkeerde storie eers die wêreld ingestuur is en het almal bedank vir hulle gebede.