‘n Man is Maandag dood nadat hy in ‘n beweerde padwoede-aanval naby Ransburg in Noordwes in die maag geskiet is.
Sersant Philani Nkwaklase, woordvoerder van die polisie in Noordwes, het gesê die man is Sondag geskiet nadat hy in iemand vasgery het. Hy het Maandag in die hospitaal aan sy beserings beswyk. Die man het op die sypaadjie gelê toe paramedici verby hom gery het op pad na ‘n ander noodtoneel. Die polisie is steeds op soek na die persoon wat hom geskiet het.