“Die 58-jarige man is Dinsdag by sy huis in KwaMhlanga in hegtenis geneem en aangekla van moord,” het kol. Leonard Hlathi, woordvoerder van die polisie in Mpumalanga, gesê. Sindane is Maandag in Tweefontein, langs KwaMhlanga, dood aangetref. Die polisie het gesê dit lyk of hy gestenig is.
Sindane het in 2003 aangevoer hy is ‘n wit seun wat deur swart mense aangeneem is. Klik hier om meer te lees.
Hlathi wou nie bevestig of die polisie na nog verdagtes op soek is nie. Die man sal na verwagting Woensdag in die landdroshof in KwaMhlanga verskyn op aanklag van moord.