Reint Dykema gee puntsgewys ‘n oorsig van die nuusgebeure van 3 April en wat ons Donderdag, 4 April, in die nuus te wagte kan wees.
Lees meerAlles vir Woensdag 3 April 2013
Mandela-doodsberig per ongeluk uitgesaai
‘n Advertensie van ‘n doodsberig van Nelson Mandela is Dinsdagaand per ongeluk op Universal Channel kanaal 117 op DStv uitgesaai.
Video: Vloede in Mauritius; Zuma stuur medelye
President Jacob Zuma het sy boodskap van medelye aan Mauritius gestuur ná 11 mense daar in ‘n vloed omgekom het.
Carl Pistorius in die hof
Carl Pistorius, Oscar se broer, het Woensdag in die Vanderbijlpark-landdroshof verskyn ná ‘n ongeluk in 2008 waarin ‘n motorfietsryer gesterf het.
Vyf polisielede vas oor vermeende dwelmhandel
Vyf polisiebeamptes is Woensdag vir beweerde dwelmhandel in Oos-Londen in hegtenis geneem.
Taxi-baba: Ma vas, baba ongedeerd
‘n Ma van Kaapstad is in hegtenis geneem vir kinderverwaarlosing nadat sy vier dae gelede haar babaseuntjie aan ‘n vreemdeling in ‘n minibustaxi oorhandig het.
Ma en dogtertjie dood aangetref in Sandton-hotel se bad
Die polisie probeer steeds om die identiteit vas te stel van ‘n ma en dogter wat verlede week dood aangetref is in ‘n bad in ‘n hotel in Sandton, Johannesburg.
Hou op om apartheid te blameer – Trevor Manuel
Trevor Manuel, die minister in die presidensie, het Woensdag gesê dit is tyd vir die regering om verantwoordelikheid vir sy optrede te aanvaar en op te hou om apartheid te blameer.
Seun kan nog slegs drie dae privaat behandel word
Herman Loots jnr, wie se pa sy bakkie verkoop het in ʼn poging om sy kind se lewe te red, kan nog net vir drie dae in ʼn privaathospitaal behandel word voordat hy weer na ʼn staatshospitaal oorgeplaas gaan word.
Dokters tevrede met Madiba se vordering
Die presidensie het Woensdag laat weet oud-president Nelson Mandela maak goeie vordering in die hospitaal en sy dokters is tevrede met sy toestand.
Maldives-meisie moet lyfstraf kry ná verkragting
ʼn 15-jarige verkragtingslagoffer moet met 100 houe gegesel word nadat die hof bevind het sy is skuldig aan voorhuwelikse seks.
Rugby-moord: Vier gee hulself oor
Vier mans het hulself Woensdag aan die polisie oorgegee in verband met die moord op Brett Williams, die 29-jarige rugby-ondersteuner wat ná ʼn Super 15-wedstryd in Durban doodgeslaan is.
Sommige skole steeds sonder handboeke
Die eerste skooltermyn van die jaar is verby en daar is steeds sommige skole wat nog nie handboeke ontvang het nie.
Miss Piggy se “ma” sterf
Die skepper van die gewilde Muppet Show, Jane Nebel Henson, is in 78-jarige ouderdom aan kanker oorlede.
Dokter pleeg selfmoord ná Survivor-deelnemer se dood
ʼn Bekende dokter het selfmoord gepleeg nadat ʼn deelnemer van die gewilde werklikheidsprogram, Survivor, tydens verfilming skielik doodgegaan het.
Kaapstadse fietsryer doodgery
ʼn Fietsryer van Kaapstad is dood en ʼn ander ernstig beseer nadat ʼn voertuig hulle Dinsdag in Muizenberg raakgery het.
Bendegeweld breek uit in Pta-tronk
Die Baviaanspoort-gevangenis naby Pretoria is vir publieke besoeke gesluit nadat bendegeweld oor die naweek daar uitgebreek het.
Video: Só borsel mens tande in die buitenste ruim
Chris Hadfield, ‘n ruimtevaarder, verduidelik in dié video hoe mense jou tande sonder swaartekrag kan borsel.
Vrystaat-boer tydens plaasaanval geskiet
Andries Cox, ʼn boer van Vredefort, is gewond nadat hy Woensdagoggend in die vroeë oggendure deur twee gewapende rowers op sy plaas aangeval is.
Nog ʼn moord in Muldersdrift
Paul Schulze is Dinsdagaand in Muldersdrift tydens ʼn gewapende rooftog doodgeskiet.