Trevor Manuel, die minister in die presidensie, het Woensdag gesê dit is tyd vir die regering om verantwoordelikheid vir sy optrede te aanvaar en op te hou om apartheid te blameer.
“Ons (die regering) moet ophou sê alles is apartheid se skuld. Ons moet in die oggende wakker word en besef ons het verantwoordelikhede,” het Manuel tydens die regering se leierskapsberaad in Pretoria gesê. “Daar is nie meer ʼn Botha-regime om oor ons skouers te loer nie, ons is vir ons eie dade aanspreeklik,” het hy gesê.
Hy het gesê dat in 1994, 1995 en 1996 die regering miskien kon gesê het “ons het nie die ondervinding nie”, maar nou dat die land amper twee dekades van demokrasie nader, is daar geen meer verskonings nie.
Die ANC-regering het sover vier termyne gedien.
“Dit is ʼn voorreg om vier agtereenvolgende termyne te kon dien, en met dié voorreg kom verantwoordelikheid,” het hy bygevoeg.
Hy het gewaarsku dat die lyn tussen ʼn staatsamptenaar en ʼn politikus besig is om te verdwyn.
“Staatsamptenare en ons as ministers kom uit dieselfde aktiviste agtergrond, maar ons moet verseker dat selfs al is ons van dieselfde politieke party, politiek nie in die werkplek oorgedra word nie,” het hy gesê. Hy het ook gesê dat werkverwante kwessies nie in die politieke spasie opgelos moet word nie.
Sapa
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
11 Kommentare
10/10 vir jou Trevor Manuel… Die klomp moes jare terug toe hulle oorgeneem het, geweet het om n land te regeer, is nie kinderspeletjies nie….Net opgewasse mense kan so verantwoordelikheid op sy skouers neem..
Die probleem le by eie selfontwikkeling en geen eie fondasies waarop hulle kan bou nie.Voor die apartheids era vanaf 1652 was Afrika alreeds eeue agter.
Dankie Trevor, iemand het wakker geskrik, al is dit na 18 plus jaar
i salute u for that
Vertrou nie dié vrede nie – daar is waarskynlik een of ander persoonlike politieke agenda wat agter die woorde van mnr, Manuel skuil