Oudpres. Nelson Mandela “sit regop en kyk rond”, het The New Age Donderdag berig.
Mbuso Mandela, sy kleinseun, het aan die dagblad gesê Mandela het op Erfenisdag tyd saam met sy kinders en kleinkinders spandeer.
“Ek het hom gister [Woensdag] tydens middagete laas gesien. Hy doen baie goed,” het Mbuso gesê. “Hy sit regop en kyk om hom rond, en ons hou hom gereeld geselskap.”
Dit is vandag die 26ste dag wat Mandela by sy huis in Johannesburg spandeer nadat hy uit die MediClinic Harthospitaal in Pretoria ontslaan is. Hy was nagenoeg drie maande lank in dié hospitaal behandel vir ʼn herhalende longkwaal.
– SAPA
Waar is sy jongste foto wat ons sal oortuig dat hulle die waarheid praat – een wat vandag geneem is?
Netso Tokkie, verdraaide waarheid in alle opsigte met die klomp, is aan die orde van die dag.
Hulle soek nog na foto’s van n vorige hospitaalbesoek en dan moet dit nog ge-photoshop word.
Ek dog hy het al in die hospitaal met oorfone aan gesit en TV kyk????????
Die flippen klomp goed lieg so en dink die res van die wereld is almal idiote!
Ek stem saam met Tokkie, wys ons foto’s om te bewys wat hulle sê. Maar ons almal weet dit sal nooit gebeur nie
“Oudpres. Nelson Mandela “sit regop en kyk rond”” Ja hy worry wanneer kom eis sy klomp aasvoëls hulle erfporsie dis waarom hy rondkyk
wat is waar??
Nie ‘n baie geloofwaardige bron wat aangehaal word nie. As leuens ‘n siekte was, was ons nou al lankal van die ANC ontslae