Meer as 500 in Soweto aangekeer

boeieAltesaam 524 mense is in Soweto in hegtenis geneem in verband met verskeie misdade insluitend kaping, verkragting en bedrog.

“Vier mense is in Diepkloof in hegtenis geneem nadat hulle glo Donderdag afleweringsvoertuie in die gebied gekaap het,” het ao Kay Makhubela, woordvoerder vir die polisie in Gauteng, Vrydag gesê. “Die polisie het beslag gelê op drie ongelisensieerde vuurwapens.”

Persone is ook in hegtenis geneem vir misdade soos die besit van dwelmmiddels, bedrog, gewapende roof, verkragting en handeldryf in alkohol sonder ʼn lisensie. Dié inhegtenisnemings het Donderdag as deel van ʼn misdaadbekampingsveldtog plaasgevind.

Makhubela sê die polisie het ook ses gesteelde voertuie opgespoor.

ʼn Aantal mense is ook in hegtenis geneem nadat hulle glo onder die invloed van alkohol bestuur het.

Die persone wat in hegtenis geneem is sal Maandag in verskeie howe, insluitend Orlando, Meadowlands, Roodepoort, Protea, Kliptown, Lenasia en Vereeniging verskyn, het Makhubela gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.