Johan Kotze, die sogenaamde “Modimolle-monster”, en drie ander mans word daarvan verdink dat hulle Bonnette verkrag en gemartel het en haar tienerseun vermoor het. Die vier is vroeër die jaar aangekeer.
ʼn Span van drie psigiaters het Kotze vier maande gelede bevind hy is toerekenbaar om verhoor te word en dat hy die verskil tussen reg en verkeerd ken. Hy is vir evaluering gestuur weens die grusame aard van die beweerde misdade.
Kotze se regspan kan steeds aanvoer dat hy tydelik kranksinnig was, wat die saak sal uitstel. Na bewering sal Bonnette moontlik die eerste getuie in die saak wees. Die drie medebeskuldigdes beweer dat hulle gedwing is om aan die misdaad deel te neem.
Die saak is van Modimolle na die Noord-Gautengse hooggeregshof verskuif.
5 Kommentare